Europese Sokkerkampioenskap 2012

Europese Sokkerkampioenskap 2012
UEFA Euro 2012

Logo van die Sokkerkampioenskap
Toernooi-inligting
Gasheerlande Vlag van Pole Pole
Vlag van Oekraïne Oekraïne
Datums 8 Junie – 1 Julie
Spanne 16 (van 1 konfederasie)
Stadions (in 8 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Spanje Spanje (3 titels)
Tweede plek Vlag van Italië Italië
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 31
Doele 76 (2.45 per wedstryd)
Bywoning 1 440 896 (46 481 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Kroasië Mario Mandžukić
Vlag van Duitsland Mario Gómez
Vlag van Italië Mario Balotelli
Vlag van Portugal Cristiano Ronaldo
Vlag van Rusland Alan Dzagoef
Vlag van Spanje Fernando Torres (3 doele)
Beste speler Vlag van Spanje Andrés Iniesta
2008
2016

Die Europese Sokkerkampioenskap 2012 (UEFA Europa-beker; amptelik UEFA EURO 2012, Pools: Mistrzostwa Europy w Piłce Nożnej 2012, Oekraïens: Чемпіонат Європи з футболу 2012) het van 8 Junie tot 1 Julie 2012 in Pole en Oekraïne plaasgevind. Dis was die 14de aanbieding van die UEFA Europa-beker-toernooi en die eerste keer wat Pole en Oekraïne die geleentheid gekry het om as gashere op te tree, en die derde keer dat dit deur twee lande gesamentlik aangebied is.

Die Europese Sokkerkampioenskaptrofee waarom meegeding is

16 spanne vanuit verskeie Europese lande het aan die toernooi deelgeneem. Die verdedigende kampioen Spanje het die trofee gewen nadat hulle Italië op 1 Julie in die Olimpiese Stadion in Kijif met 4–0 geklop sodoende hulle derde Europese titel ingepalm het. Omdat Spanje weens sy wêreldbekertitel by die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 reeds vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 gekwalifiseer was, het die naaswenner Italië in plaas daarvan gekwalifiseer.[1] Die twee gashere Pole en Oekraïne is reeds in die groepfase uitgeskakel, soos die gashere van die Europese Sokkerkampioenskap 2008, Oostenryk en Switserland.

  1. (en) "Qualifiers – FIFA Confederations Cup Brazil 2013". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Desember 2011. Besoek op 18 Februarie 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search